Die kinders tel die slapies.

Mamma maak lysies.

En Pappa werk dat die biesies bewe om  Desember se werk in November klaar te maak.

(Hopelik bak iemand koekies en sorg vir die brandewyn op die vrugtekoek).

As jy ‘n sleepwa sleep hierdie vakansie (vir daai koekies en vrugtekoek) is dit van kardinale belang dat jou sleepwa, net soos jou sleepvoertuig, gediens of ten minste deeglik nagegaan word. Vir meer inligting hieroor, lees gerus die volgende blog. ————–

Maar meer as net voorkoming, glo ons ook daarin om ‘n paar noodsaaklikhede in te pak om enige onvoorsiene probleme langs die pad te hanteer. Die inhoud sal natuurlik bepaal word deur die rigting wat jy inslaan.

(Ons plaas dit liefs in engels, want mechanic en werktuigkundige klink immers nie altyd na dieselfde ding nie)

Ons kleurkoordineer dit van geel (relatief binne die beskawing, daar waar iemand jou tussen Beaufort-Wes en Lainsburg sal kan bystaan, tot rooi, net duskant die doodsakker in Angola).

Kontak ons gerus vir vakansie-promosies op bogenoemde parte by 016 986 2194 of sales@sleepwaparte.co.za. Ons kan jou ook bystaan op enige navrae rakende tipes parte, advies en kwotasies.

Want die reis gaan oor meer as net die bestemming.